Saam stap ons ’n pad al,
mooi en glad geteer meestal;
tog soms vol hobbels en ongelyk,
met bietjie seerkry in elke duik.
Maar kyk...
by elke draai in elke pad,
het ons elke keer weer hand gevat,
en weer gekies om saam te stap.
Sou ek dieselfde pad weer moes stap,
dan kies ek weer om jou hand te vat.


No comments:
Post a Comment