Monday, September 7, 2009

'n 40-DAG LIEFDESUITDAGING (Uit die boek: The Love Dare deur Stephen Kendrick & Alex Kendrick)

DAG 1
Ef. 4:2
Alhoewel liefde op verskillende wyses gekommunikeer word, weerspieël ons woorde die toestand van ons harte.

Besluit vandag om geduldig te wees en om niks negatief vir jou geliefde te sê nie.
Indien die versoeking kom, bly by jou keuse en sê niks.
Dis altyd beter om stil te bly as om iets te sê waaroor jy later gaan spyt wees.

No comments: