For winter's rains and ruins are over,
And all the season of snows and sins;
The days dividing lover and lover,
The light that loses, the night that wins;
And time remembered is grief forgotten,
And frosts are slain and flowers begotten,
And in green underwood and cover
Blossom by blossom the spring begins.
-A. C. Swinburne (1837–1909)

Die lente is in die lug,
mens en dier wat na warmer dae smag.
Selfs die duifie op sy vlug,
draai vrolik hoog in die lug.
Die getjirp van die voëls
wat vrolike paringspassies uitvoer
en droë grassies versamel vir nesbou.
Almal is vrolik, selfs die voëltjie in die kou.
Dis lente in my hart....
Die hoenderhaan kraai weer koning op sy eie werf.
Met nuwe passie en lus jaag hy die werfhennetjies
rond met groot rumoer,
onder sy kam twee ogies wat skelm vir die hennetjies loer.
Met sy vlerksleep en kraai en die hennetjies wat lawaai.
Die kalwers wat speels bokspring in die kalwerkamp
in afwagting op hul eie volwassenheid.
Dis lente in my hart.....
Vroegoggend die perde wat voor die eerste sonstrale
hoog opskop, met wuiwende blink maanhare
in die oggendrooi se lentevarsheid.
Selfs die donkiehings wat vol verwagting
die merries rondjaag en dan geluide maak, soos balke saag.
Swartgebrande grashalmpies wat dors na doudruppels gryp,
vir die nuwe groener lewe, tot die grassaad se ryp.
Die Amarillislelie wat sy skone blomtros laat uitstyg.
Dis lente in my hart ....
selfs ek bruis in afwagting op nuwe liefde
wat dié lente in my hart laat sing.
-Anoniem (2008)
1 comment:
Amanda baie mooi stuk!!!
Groete
Muriel
Post a Comment