Al sou ek in die mooiste huis bly en die duurste BMW ry en my vrou en kinders geniet nie my teenwoordigheid nie, dan is ek soos 'n bankrekening met 'n nul balans.
Al het ek die gawe van woorde en skares luister na my en ek het nie die liefde om na my kinders te luister nie, dan doen ek meer kwaad as goed.
Al ken ek al die geheime van beleggings en besit al die kennis van rugby en krieket reëls en al het ek die geloof om die land met gebed te verower, maar ek het nie die liefde om my kinders die gevare van baie geld te leer of langs die baan te staan as hulle speel of om hulle te leer bid nie, dan het ek niks bereik nie.
Al gee ek dubbele tiendes vir die armes en dien ek op alle liefdadigheidsrade, doen sendingwerk in 'n malaria-gebied en ek is te moeg om vir my kinders te lees en naweke in die veld te stap, baat dit my niks.
'n Pa wat lief het, is geduldig met kinders wat sukkel met wiskunde. 'n Pa se liefde is vriendelik met 'n kind wat nie presteer nie, hy is nie afgunstig op pa's wat slimmer of mooier kinders het nie, en is nie verwaand oor sy kind se prestasies nie.
'n Pa wat sy kind lief het hou nie boek oor hulle foute nie, is nie nukkerig as 'n kind ekstra aandag soek nie. Hy is verheug as hy sy kind die waarheid hoor praat, al is dit tot hulle nadeel.
Daarom wil ek my kinders se skandes met liefde bedek. In hulle glo die beste vir hulle hoop hulle kleredrag, klaery en kritiek verdra.
'n Opregte drukkie en 'n intieme gesprek van 'n ouer bly lank in 'n kinderhart, maar 'n preek sal oormore vergeet wees.
Ek wil graag my kinders met liefde en geloof grootmaak, maar nou kyk ek nog vas teen rebelse tienergesigte, maar eendag as hulle groot is, sal hulle verstaan wat ons hulle wou leer en wat God ons almal leer.
How to be Productive, Not Busy
7 years ago
No comments:
Post a Comment