Friday, July 18, 2008

'n Griekwa-gebed


Onse Vader

"Onse Vader wat innie jimmel in sit,
ons wil nou vandag hier vir U kom bid:
Lat U se naam tog by ons geprysig raak,
lat U se Kapteinskap hier staningse maak,
en lat U se wil gebeure tissen die sterre rond,
net so sos hier oender by ons oppie grond.
Gee vir ons vandag onse koppietjie meel.
Vergewe ons onse gevloek en onse gesteel,
want sos ons nou yt die Woord yt weet:
ons moet dies wat ons vloek ok vergeet.
Lat ons onse rigte gee virrie versoekinge,
en maak los die rieme vannie Dywel se dinge.
Niemand sal nou U se Kapteinskap kan wen,
of U se kragte of nou U se heerlikheid,
van hier tot doer oorkant innie ewigheid.
Nou dan sê ons dan maar eers weer: Amén."


-Hans du Plessis

2 comments:

Anonymous said...

Pragtig!!! Dankie vir jou oulike blog! Ons geniet dit baie!

Anonymous said...

Pragtige woorde!
Baie spesiaal!
Baie dankie Amanda!!