
Daar happen soms iets,
ennek siennit.
Ek skryffit dan neer,
ennek miennit.
Dan willek jou nie mesmeraais
of sonner rede kritisaais.
Ek sêrrit plain en hoep maar dat
van jille maybe note sal vat.
Skryf issie net daar virrie skrander,
dis oekkie reg van allie ander.
Ouens doodgewoon soes ek,
sonner titles, net soes ek.
Soe, die beste manier
omme taal te bewaar is:
Liessit, praatit, skryffit,
ontginnit en bedryffit.
Net soelank jy my verstaan
stap skryf en taal 'n lang pad saam.
- Marius Titus
1 comment:
Baie oulik!!!
Dankie Amanda, dit is te kosbaar vir woorde!
Geniet die laaste bietjie van jou vakansie!!
Post a Comment