Al sal ek die tale van mense
en ingelse praat,
maar ek het die liefde geloop
ruil vir die haat,
dan het ek net 'n raaslike
paraffienblik gekom raak.
Al was ek so slim dat ek
nuwe
goeterse kan maak,
maar ek het die Jirre se
liefde
buite die son gelat lê,
dan is ek niks, hoor wat ek
hierdie vandag vir jou sê.
Al gee ek my hele bokke
weg,
net om die eer te hê,
dan sal al hierdie dinge my
nou nog niks gepetaal het nie,
as ek nie die liefde uit die
jimmel kan geloop haal het nie.
Die regte liefde dié se bek is
nooit dik nie,
jy sien hom nie skinder
en jy
hoor hom nie klik nie.
Hy skrywe die kwaad nie in
boekektjies op nie.
Die liefde maak alles mooi
toe met hom se sawwe
karos.
Tale dié hou op,
voorspellinge vedro
en die woorde mak los, maar
liefde
dié sal nou tot by ewigheid
net so bly staan.
Toet ek nou 'n kind was het
ek soos 'n kind gedink,
en vandag sien ek net 'n troewelte
in die gorrawaterse blink,
Maar eendag sal ek die Jirre
se hele waarlikheid kom weet.
En nou is dit die geloof en
die hoop
en die liefde wat nou bly
staan,
maar net die liefde sal saam
met my
na die Jirre se hemel toe
gaan.
-Adam (Griekwadigter)
No comments:
Post a Comment