So baie het gebeur sedert ek laaste geblog het!
Sedert 24 Sept is hierdie oujongnooi nou mev. Kriegler!
Dankie aan almal wat by die huwelik was, dit was sommer 'n lekker kuier!
En dankie vir al daai persente! Ek gaan nog julle briefies uitstuur.
Hier's sommer klompe foto's en sodra ek die DVD van die fotograaf kry sal ek nog aanvul.
Ek en my broer se kinders, Hanli die baie spesiale blommemeisie; en Christiaan wat die belangrike rol gehad het om die ringe aan te gee tydens die seremonie.
Johan (Marlouw se man), ek en my man, Hugo!, en sy sus Marlouw
Ons seremonie was by Hazendallandgoed - het absolute puik diens van hulle gekry!
Die smile sĂȘ sekerlik als....!
Ekke en die skattebol van my lewe...♥
Ek en my ma, sy't so baie gehelp en boonop die pragtige troukoek gemaak!
Sommer net 'n mooi foto...
Die pragtige troukoek waarvan almal stukkie kon kry
My broer Nic, skoonsus Lizel, ek en Hugo
Ek en Nico net voor die groot stap...
Krieglermanne
Die familie:
Mauritz, Carike, Johan, Frans, Marlouw, Magda,Wouter, Hugo, Amanda, Hanli, tannie Jolize, Lizel, Mara, Christiaan, Nico, Zelda, Tannie Marie, Oom Piet, Marisa, Carel